Waarmaker Bonsmaras ontstaan in 2009 met basis keuring van vroulike diere uit die Genepoel en oorlede Bokkie Van der Merwe kuddes op ons plaas Melkvlei in die Barkly Wes area in die Noord-Kaap.
Ons gebruik bulle uit die kuddes van Genepoel (BG), Op die Aarde (VV), Nosa (AEJ), Kruger Bonsmaras (WAT), Kalkveld (V), Kingsheath (KHB), Redgate (RGR), Charles Williams (CSW), en El Tauro (HIT) om ons kudde mee op te bou. Ons ki ook AG bloedlyne op van ons vroulike diere.
Ons koop n paar top stoet koeie aan uit die WAT, Genepoel en Marloo bloedlyne en verse uit die Kalkveld Stoet.
Ons fokus op reproduksie-, vleis- en aanpasbaarheid eienskappe in ons kudde.
In 2013 brei ons Boerdery uit na die Petrusburg area.
Ons Lewensvisie:
1. Erken jou afhanklikheid van Ons Hemelse Vader en vertrou op Hom
2. Lewe met passie
3. Werk hard
Om te boer is vir ons gesin n lewenswyse wat ons daagliks probeer uitleef.
Vriendelike Groete
Willem en Madelene Van Zyl
Bulle aangebied op 14 September 2018 veiling
















