Welkom by Leehan Bonsmara's

Colleen en Johan Jacobs van Douglas is die passievolle beesboere agter die stoet, Leehan Bonsmara’s , die naam is n kombinasie van hulle twee se name. Die Jacobse boer naby Douglas in die Plooysburg en Saltlake omgewing op Savannah tipe veld.

leehan bonsmaras joernaal ad

'n Bietjie agtergrond oor die stoet
Met Colleen se liefde vir diere en Johan se ondersteuning het hulle in 1994 met Bonsmara’s begin boer. Hulle het begin deur stoetbulle op bestaande koeie te gebruik en het hul eerste top stoetkoeie by wyle Tok Erasmus gekoop. In 2002 het die Jacobse geregistreer as stoetetelers.

Die kudde bestaan tans uit 1750 geregistreerde vroulike diere en in die huidige groeitoets is daar 200, geselekteer uit 400, 2012 bulletjies en dit bied ‘n lekker groot groep waaruit net die beste gekies word as bulle. Leehan Bonsmara’s se doelwit is ‘n medium raam koei wat elke jaar ‘n lekker swaar kalf speen, want in hierdie stoet tel melk baie. Die bulle loop op aangeplante weiding sodat hul so natuurlik moontlik kan groei. In Julie 2013 is daar op 1030 vroulike diere vrugbaarheidstoetse gedoen en 96% is dragtig. Leehan se groot kalfseisoen is vanaf September tot Desember en daar is 300 plus koeie wat in die winter kalf.

Colleen: “Ons Kopers is baie lojaal en is gewoontlik baie tevrede met die bulle se aanpasbaarheid en goeie konstitusie.

Johan: “Dis vir ons n groot seën en voorreg om te boer en ons is ook dankbaar vir elke koper, sonder vorige en voornemende kopers se ondersteuning sou ons nie vandag hier kon wees nie.

September Veiling.
Leehan Bonsmara’s bied tien pragtige 2-3jaar oud bulle met goeie melk en groeisyfers aan by hierdie jaar se veiling , in hierdie groep is daar 5 poenskop bulle asook versbulle. Leehan bied ook 50 vroulike diere wat bestaan uit dragtige koeie, dragtige verse en ook oop verse. Alle diere is BM getoets, Leehan het nog nooit n BM positiewe dier of geslagsiektes in hul kudde gehad nie. Alle Oop verse is RB 51 geënt en die bulle sal vir vrugbaarheid getoets wees.

Colleen : “ Ons glo daar sal n bul wees na elke koper se smaak.

Vir interresantheid…
Johan en Colleen is beide kranige bergfietsryers en is ook baie lief vir toer saam met hul drie kinders, Michael, Johandri en Elizca. Johan en Michael boer met graan en aartappels op Lucky Valley langs die Oranje rivier en Colleen is in beheer van die beesboerdery. Johandri doen die bemarking en administrasie en Elizca is n 4de jaar student in Verbruikerswetenskap. Die Jacobse is n baie hegte gesin wat dit geniet om saam op avonture te gaan, of dit nou bergfiets, bungee-jump of sommer net n familie vakansie is. Leehan Bonsmara’s hou ook op 14 November 2013 hul vierde produksieveiling op hul plaas Lucky Valley, Douglas. Almal is welkom.

Bulle aangebied op 14 September 2018 veiling